In Stellenberg-gemeente dra ons uit dankbaarheid finansieel by tot die Here se werk. Die gawes wat ons elke dag geniet, ontvang ons uit die Here se hand, en ons bydraes is ’n tasbare manier waarop ons ons dankbaarheid kan betoon.
Daar is drie maniere waarop jy ’n bydrae kan maak:
Gee ’n maandelikse bydrae deur middel van ’n elektroniese oorbetaling, SnapScan of deur ’n debietordervorm te voltooi. Gebruik DANKOFFER as verwysing.
Maak op Sondae tydens die erediens ’n bydrae tot die kollekte. Indien jy nie kontant by jou het nie, kan jy ook van SnapScan gebruik maak.
Ons wil graag in die nuwe finansiële boekjaar aan lidmate die geleentheid bied om deur die loop van die jaar ’n ekstra dankbaarheidsbydrae te maak. Gee hierdie bydrae wanneer dit jou pas, of wanneer jy op ’n besondere manier op finansiële gebied geseën is. Gebruik TIENDE as verwysing.
Klik HIER om die vorm af te laai, voltooi en e-pos aan finansies@stellenberg.co.za
ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005
