Dagstuk | Dinsdag 4 Maart 2024

Dagstuk | Maandag 3 Maart 2025
Dagstuk | Woensdag 5 Maart 2025

https://youtu.be/RENx0ebruCs

 

Vandag is Dinsdag 4 Maart en en hierdie week is ons op reis na komende Sondag as die eerste Sondag van Lydenstyd waar ons Sondag na Sondag, week na week een van die sewe kerse oppad na Paasnaweek, dood blaas.

Vandag se teks is 1 Timoteus 4:6-7 “Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe. Om jou liggaam te oefen, het wel ‘n bietjie waarde, maar om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat ‘n belofte van lewe, vir nou en die toekoms …”

Lydenstyd word baie dikwels vereenselwig met die gewoonte om 40 dae lank te vas. Die vas van vleis of soetgoed veral, was kenmerkend van Lydenstyd. Hierdie praktyk wil ons help om diep bewus te word van God se teenwoordigheid in ons lewens.

Ons almal verstaan dat verhoudings tyd en kommunikasie benodig. In enige verhouding gebeur daar wonderlike, spontane kommunikasie wanneer ons oomblikke van die lewe deel – so moet dit ook wees met ons verhouding met God. Maar in verhoudings gebeur daar ook beplande tydmaak vir mekaar en beplande aktiwiteite waar verdieping en groei plaasvind; dieselfde geld vir ons verhouding met God. Deur ‘n spesifieke tyd af te sonder en ‘n gebedspasie in te rig, skep ons plek en tyd vir ons verhouding met God om te groei. Jy word aangemoedig om in hierdie tyd, meer tyd te spandeer in gebedstiltes.

Iemand sê die volgende oor lydenstyd: “Lent is a time of going very deeply into ourselves … What is it that stands between us and God? Between us and our brothers and sisters? Between us and life, the life of the Spirit? Whatever it is, let us relentlessly tear it out without a moment’s hesitation.”

Watter van die volgende woorde voel vir jou soos ‘n uitnodiging in hierdie Lydenstyd?

Heelmaak – Skoonmaak – Naderkom – Skep – Nuutmaak – Oorloop – Terugkeer – Herstel.

Gebed: Here, vul my asseblief met nuwe lewe en maak my bewus van waar U my lei.