Dagstuk | Woensdag 5 Maart 2025

Dagstuk | Dinsdag 4 Maart 2024
Dagstuk | Donderdag 6 Maart 2025

https://youtu.be/PIA9YBxzgmA

Vandag is Woensdag 5 Maart en en hierdie week is ons op reis na komende Sondag as die eerste Sondag van Lydenstyd.  Ons gaan Sondag na Sondag, week na week een van die sewe kerse oppad na Paasnaweek dood blaas.

Vandag is Aswoensdag en die begin van die amptelike aftel van die kalenderdae oppad na Paasnaweek. Ons nooi jou graag uit om vanaand ’n kort spesiale Aswoensdag ervaringsdiens om 18:30 by Stellenberg-gemeente by te woon.

Vandag se teks is Prediker 3:1-11 “Daar is ‘n regte tyd vir alles, elke ding in hierdie wêreld gebeur op die regte tyd. Daar is ‘n tyd om gebore te word en ‘n tyd om te sterf, ‘n tyd om te plant en ‘n tyd om plante uit te trek. Daar is ‘n tyd om dood te maak en ‘n tyd om gesond te maak, ‘n tyd om af te breek en ‘n tyd om te bou. Daar is ‘n tyd om te huil en ‘n tyd om te lag, ‘n tyd om te rou en ‘n tyd om te dans. Daar is ‘n tyd om klippe weg te gooi en ‘n tyd om klippe bymekaar te maak, ‘n tyd om iemand te druk en te omhels en ‘n tyd om iemand nie te omhels nie.”

Binne watter seisoen bevind jy jouself tans in jou lewe? Wat is die dinge waarvan jy gestroop moet word? Op watter manier kan jy ook ‘n pad gereedmaak vir God in die wildernis van jou lewe? Watter klippe moet uit die pad gerol word? Wat staan in die pad? Wat staan tussen jou en God? Wat staan tussen jou en ander? Wat staan tussen jou en ‘n vol lewe? Wat wil jy bely en oorgee?

Gebed: Here, dankie dat U my ken en raaksien. Help my om my lewe oor te gee aan U. Amen.