Vandag is Donderdag 6 Maart en en hierdie week is ons op reis na komende Sondag as die eerste Sondag van Lydenstyd waar ons Sondag na Sondag en week na week een van die sewe kerse oppad na Paasnaweek dood blaas.
Vandag se teks is Markus 1:11-13 “En ‘n stem het uit die hemel gekom: “Jy is my Seun, my geliefde. Oor Jou verheug Ek My!” Direk daarna het die Gees Hom die woestyn in gedryf. Hy was veertig dae lank in die woestyn, waar Hy deur die vyand versoek is. Hy was saam met wilde diere, en engele het Hom versorg.”
Jesus hoor hierdie treffende woorde voordat Hy 40 dae van versoeking in die wildernes oorleef: “Jy is my Seun, my geliefde. Oor Jou verheug Ek My!” Woorde wat Hom heel moontlik onderhou het in die moeilike tye; die fondasie van Sy identiteit. ‘’Jy is geliefd” is ook woorde wat ek en jy benodig vir hierdie wildernislewe. Woorde wat direk vanaf die Vader gespreek word. Geloofwaardige woorde.
Dalk is dit vandag ook die woorde wat jy moet hoor. Jy is geliefd!
Gebed: Here, dankie vir U Vaderhart wat my as verlore kind uitnooi om tuis te kom by die Vaderhuis van genade. Amen.